Nico, S-Paarl, skryf:
As gebore Stellenbosser moes ek onlangs afskeid neem van my alma mater.
Ná die aankondiging van die nuwe rektor dat hy gaan poog om Maties een van die 100 beste universiteite ter wêreld te maak, wil ek as oud-Matie en jare lange personeellid hom net meedeel dat Maties al jare onder die top-100 tel en dat sy taak sal wees om met die agteruitgang van taal en kultuur aan Maties die universiteit op die top-100 te hou.
Dit gaan moeilik wees, veral met die agteruitgang van Stellenbosch as eens dorp nommer-een. As gebore Stellenbosser het ek ná jare van diens aan noordelike universiteite tog gehoop om eendag weer by Stellenbosch af te tree.
Totdat ek die dorp ná aftrede besoek en gesien het hoe Kayamandi, wat aanvanklik uit net sowat 20 munisipale huisies bestaan het, verval het tot ’n massa hokke en krotte met blykbaar duisende intrekkers wat saans die strate van die eens mooi dorp bewandel op soek na wat hulle sal vind om vir hul werkloosheid te kompenseer.
Aan die ander kant van die dorp het Idasvallei die eens wit woonbuurtes oorspoel. Nou lees ons dat inwoners maar saans van die strate moet wegbly om rooftogte te vermy. Ek was registrateur aan die eens RAU en viserektor en rektor in Durban, maar groot name soos prof. Gerrit Viljoen en André du Preez kon nie hul en my instellings van agteruitgang red nie.
Probeer liewer Maties behou soos dit is, maar verander aan taal en kultuur en Maties sal maar net ’n herinnering word.




















