BRIEF | DA-skuiwe is voorbeeld vir ander

John Steenhuisen, die minister van landbou.
John Steenhuisen, die minister van landbou. (Foto: Argief)

Albertus de Lange skryf:

Ek wil die DA gelukwens met hul dapper besluit om John Steenhuisen, die voormalige partyleier, as minister van landbou te vervang. Die stap wys vir my dat die DA ernstig is oor aanspreeklikheid en die verbetering van dienslewering. Toegegee, dienslewering was dalk nie die DA se enigste oorweging nie, maar ook om skade aan die party se reputasie te beperk.

Steenhuisen se termyn is gekenmerk deur omstredenheid, veral sy hantering van die bek-en-klouseer-krisis en die onnodige konflik met boere. Die aanwys van Willie Aucamp as Steenhuisen se opvolger bring hoop vir ’n meer samewerkende benadering tot landbou-uitdagings.

Die DA se interne evaluering toon ’n gesonde kultuur van selfondersoek en die bereidwilligheid om swak prestasie aan te spreek. Dit is verfrissend om te sien hoe ’n politieke party prioriteit gee aan die belange van die publiek bo persoonlike agendas. Dit is ’n positiewe stap vorentoe. Mag die fokus op prestasie ’n voorbeeld vir ander wees.

Laat hoor van jou:Stuur jou brief na dbmening@dieburger.com. Briewe moet vergesel wees van die skrywer se naam, adres en telefoonnommer. Briewe korter as 350 woorde sal voorkeur kry. Die Burger behou hom die reg voor om briewe te redigeer en verkort. Publikasie van briewe word nie gewaarborg nie en berus by die brieweredakteur. Geen kommunikasie sal hieroor gevoer word nie.

SPELETJIES VANDAG

CTA