Lesers sê

BRIEF | Rapport se nuwe plan help om PDF-gaping te vul

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister

Prof. Johann Rossouw, Bloemfontein, skryf:

Ek wil die redaksie graag gelukwens met die nuwe opsie “Lees alles in vandag se Rapport hier”.

Ek dink Rapport is daarmee op pad om die raaisel van ’n digitale weergawe van die gedrukte koerant post-PDF op te los. Die uitleg is mooi skoon, dinge is georden, en dis een groot leesplesier.

Al waaraan ek nog kan dink, is om seker te maak dat letterlik alles van die dag se uitgawe wel hier te lese is, want aangesien dit nie tans is nie, laat dit die leser effe verward en moet ’n mens dan steeds versigtig deur al die afdelings sif om seker te maak jy het alles in die uitgawe gelees.

briewe@rapport.co.za

100001

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM