Lesers sê

Dié plan verdien meer erkenning

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister

Sarel Myburgh, Thailand, skryf:

Kommentators wêreldwyd loof pres. Donald Trump en die leiers in die Midde-Ooste vir die jongste Gasa-vredesplan, maar daar is ook baie Demokrate wat nou opvallend stil geraak het, die sukses probeer afwater, of selfs beweer dat dit op oudpres. Joe Biden se gebou is.

Ander Trump-haters beklemtoon weer dat die tweede fase van die vredesplan nog geïmplimenteer moet word, en dat Hamas waarskynlik nie daarby gaan hou nie.

Wat egter nie ontken kan word nie, is dat dit ’n buitengewone diplomatieke prestasie is om al die partye om dieselfde tafel te kry en tot ’n plan te laat instem. Dit het nog nooit tevore gebeur nie.

Marco Rubio, Trump se minister van buitelandse sake, verdien ook groot lof vir sy insette om hierdie plan ’n werklikheid te maak.

Trump, wat dikwels beskuldig word van narcisme en ’n onverskrokke, selfs brutale styl van optree, verdien hierdie keer onteenseglik lof vir iets wat min ander leiers sou kon vermag.

lesersbrief

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM