Lesers sê

Dié trauma gaan dekades duur

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister

Koos Botha, Pringlebaai, skryf:

Die enormiteit van die verwoesting in Gasa van menselewens, diere en die omgewing ná Hamas se verrassingsaanval op Israelse musiekfeesgangers in die Negev-woestyn die oggend van 7 Oktober 2023 skreeu ten hemele.

Erger nog gaan wees die objektiewe integrasie van terugkerende vegvlieëniers, Israelse soldate en Hamas-vegters in hul eenhede, wonings en samelewings.

Posttraumatiese stresversteuring gaan die Gasastrook en die Midde-Ooste vir dekades, ontlonting (debriefing) ten spyt, in onrus dompel. 50 jaar ná die beëindiging van die Viëtnam-oorlog ly deelnemers daaraan tot hierdie dag toe aan post-traumatiese stresversteuring.

In ’n oorlog is daar nie wenners nie – net verloorders.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM