Lesers sê

Dit moet roeping wees, nie beroep

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister

Helena van Wyk, Kaapstad, skryf:

Oudpres. Thabo Mbeki is net gedeeltelik reg as hy sê mense wat om opportunistiese redes by die ANC aansluit, een van die kern­uitdagings is wat die party in die gesig staar (29.09).

Dit geld álle partye – veral op munisipale vlak. Ek glo net ’n handjievol raadslede glo in hul onderskeie partye se beginsels.

Eiebelang laat hulle ja en amen op enigiets om net ’n gemaklike joppie vir ’n paar jaar te kry. Waar’s die dae toe dit ’n roeping was, nie ’n beroep nie?

helena van wyk, kaapstad

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM