Lesers sê

Doen gerus hierdie dobbel-som

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister

Pieter-Paul, Bellville, skryf:

Dit kom voor of baie mense glo dobbelmaatskappye is welsynorganisasies. Suid-Afrikaners het immers R1,1 miljard in 2023-’24 “belê” (40% meer as die vorige jaar!) in hierdie goeie mense, wat tot sport­byeenkomste borg en selfs hospitale bou.

Hulle is gedurig in tydskrifte oor hul “onbaatsugtige” opknapping van plattelandse dorpies. Ook is hulle pal op TV en elders, waar hulle hul ware uitstal deur miljoene rande se prominente advertensies. Wat die “beleggers” egter nie besef nie, is dat dit ’n Ponzi-skema is waar “Rob Peter to pay Paul” die sakemodel is. Maar “beleggers” sien dit nie raak in hul oogklap-benadering nie.

Daar is ’n eenvoudige sommetjie wat “beleggers” verseg om te doen: Tel die geld wat jy in ’n jaar “belê” het en vergelyk dit met jou inkomste daaruit. Maal dit nou met die aantal jaar wat jy al speel. En maal dit met 10 miljoen (mense wat jaarliks dobbel). Tel nou op wat dobbelmaatskappye in dieselfde tydperk uitbetaal het. I rest my case . . .

lesersbrief

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM