Lesers sê

Eddie Jones, tugkomitee is dieselfde

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister

Jan Brand van die Strand, skryf:

Naas die “onafhanklike” (blinde, dalk?) VRK-tugkomitee wat Jan-Hendrik Wessels sonder enige duidelike bewyse vir nege weke geskors het oor dáái beweerde voorval, is Eddie Jones, Japanse afrigter, die onbetwiste hofnar van wêreldrugby.

Jones reken ’n skokoorwinning oor die Bokke Saterdag op Wembley. Londen, sal “ikonies” wees en in die geskiedenisboeke opgeskryf word (27.10).

Ja reg, Eddie. Dit sal inderdaad skokkend wees, maar die kans dat dit teen die Springbokke gaan gebeur, is net so goed soos dat die bevooroordeelde VRK-tugkomitee volgende week vir Wessels die voordeel van die twyfel gaan gee in sy appèl.

lesersbrief

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM