Julius Malema skuldig ná hy skote op EFF-vieringe afvuur:
Hoe moeilik kan dit nou vir enige gerespekteerde regstelsel wees? Dit het sewe jaar geneem om hom skuldig te bevind! Wat ’n skande! – Pittius Coetzee
Dit het jare gevat om hom skuldig te bevind. Dit sal nog jare vat voordat hy twee dae tronk toe gaan ná al die appèlle. Op die derde dag is hy ongeneeslik siek en gaan huis toe om verder nonsens aan te jaag. Kom ons kyk of ek verkeerd is. – Ria Smit
Ek hoop hy gaan lank sit, hy dink mos hy is onaantasbaar. – Maria Nell Ketterer
Julius Malema sal nie tronk toe gaan nie. Sommige is immers meer gelyk as ander. – Robert van der Zeyde
Ek sien hy sê hy sal veg tot die einde toe. Soos met oudpres. Jacob Zuma sal daar geen einde wees nie. – Chrisjan Senekal
Waarskynlik gaan hierdie saak toets wie se uithouvermoë die sterkste is – Malema of die regstelsel s’n. – Leonie Opperman
Die VBS Mutual Bank-geld gaan dalk nie so lank hou nie . . . – James Bell
Stuur hom Brackenfell toe vir sy straf. – Willie Nieuwoudt




















