Eskom wek nou meer krag op as benodig, sê minister van elektrisiteit:
Ja en ons verbruikers betaal meer as benodig. – Hennie de Klerk
Nou hoekom moet ons so baie betaal vir krag as Eskom kwansuis so baie krag opwek? Jammer, maar dis moeilik om dié storie te glo. – Ansie van der Nest
Dan kan die buitensporige tariewe mos seker maar sak? – Trienkie Lombard
Is dit? Nou maak krag dan goedkoper sodat mense wat geldelik sukkel, ook kan kry. – Asferos Kaizer
Ek dink mense sit sonpanele vinniger op as wat Eskom krag kan voorsien. Nou wek hy kamma meer krag op as wat hy benodig. – Mike Fourie
Dis net omdat ons almal keelvol geraak het vir beurtkrag en ons eie krag ten duurste opwek. Moenie dink julle het dit self vermag nie. – Hennie Smit
Hoeveel diesel gebruik hy om dit reg te kry? Jakkals prys sy eie stert! – Peet Grobler
Eskom is seker die enigste instelling ter wêreld waar hoe meer jy koop, hoe duurder word dit. – Adreon Joubert
Moet ons lag of huil? – Salomé Malherbe




















