Verdien pres. Donald Trump nóú die Nobelprys?
Maar natuurlik! – Ina Steynberg de Waal
Hy en al die mense wat saam met hom gestaan het, verdien die hoogste prys! Ja, hy verdien dit. – Celia van Wyk
Welgedaan, Trump. Jy het baie gesinne se harte heel gemaak deur hul geliefdes bevry te kry dat hulle huis toe kon gaan. Net dit alleen spreek boekdele. Die wêreld kort meer presidente soos hy en minder veragtelike liberale. – San-Marie Truter
Vrede in die Midde-Ooste? Niemand kon dit in 2 000 jaar regkry nie! – Johan Nel
Ag, asseblief tog! Hy verdien om opgesluit te word, ja. – Dian Bester
Nee. Hy voer dan oorlog teen sy eie mense. – Joe Murray
Hoe kan hy as hy dan wapens verskaf het om onskuldige kinders en vroue te laat vermoor? Julle behoort julle te skaam om nog hande te klap vir ’n monster soos hy. – Magmoed Bardien
Omdat hy gestop het wat hy gedoen het? Hy het gehelp om duisende Palestyne te laat uitwis deur wapens te verskaf vir ’n volksmoord. – Wally Rooi




















