Ongelykheid heers steeds in Kaapstad, sê pres. Cyril Ramaphosa:
Net omdat die ANC nie Kaapstad ook kan deurtrek nie, moet daar nou lae houe uitgedeel word. – Anna-Marie Hulley
Dis omdat hy nie sy hande op die Wes-Kaap kan lê nie. – Hanlie Lureman
Hy is suurgat oor die Wes-Kaap die beste regeer word. Al is daar heelwat probleme, word die Kaap steeds beter as enige ander provinsie regeer. – Riaan von Bentheim sr.
Mense in die sogenaamde gegoede buurte betaal meer belasting. Die grootste persentasie daarvan word in die minder gegoede buurte bestee en gratis/gesubsidieerde dienste word verskaf. – Braam Stander
Fokus op die ander provinsies! Maar hoe sal hy weet, want hy is blind vir sy party se foute! – Welma Theron
Kyk in die spieël. Kyk hoe lyk die buurte waar julle regeer. Kyk na julle instromingsbeleid. Haal eers die balk uit jou eie oog uit. – Dana du Plessis
Een oomblik prys hy die DA se munisipale bestuur, maar nadat almal hom aangevat het daaroor, verander hy nou weer sy storie. – Daphne Zandberg-Monteverdi




















