Beter vir SA as Zuma nié verhoor word – oudregter Johann Kriegler:
Met ander woorde sekere mense is verhewe bo die reg. – Willie Rautenbach
Nonsens. Dit is ’n skokkende uitlating. – George Bradley
Dan kan enigiemand mos maar ook dieselfde misdade pleeg en nie vervolg word nie. Dis ’n simpel siening. – Calie Venter
Ek is bevrees die oudregter het dalk ’n punt. So graag soos wat ek wil sien dat elke sent wat Jacob Zuma oor die jare gesteel/toegelaat het dat dit gesteel word, uit hom gepers word en dat hy vir die res van sy lewe toegesluit word, is die risiko vir die land net té groot. Ons almal weet wat in 2021 gebeur het toe Zuma toegesluit is. Zuma se volgelinge is van die grootste skurke in die land. Hulle gee vir niks en niemand om nie en hulle sal die land in ’n ashoop verander op Zuma se bevel. Ons kan dit nie weer laat gebeur nie. Veral nie met ’n papbroekige, lafhartige regering soos die ANC “in beheer” nie. – Johan Strydom
Dit is hartseer en ’n belediging vir ons eerlike landsburgers dat so iemand die land kan gyselaar hou. – Adele Jacobs




















