Boelie-video by Kaapse skool skok:
Daardie kinders moet opgesluit word en klaar! En die skool moet aangekla word. – Merle Manuel
Hy moet tronk toe, dis aanranding. Geen skool meer vir hom nie. Mense soek geregtigheid. – Elize van der Merwe
Dis nie boelie nie, dis ernstige aanranding of poging tot moord. Hy hoort in die tronk. – Maria Swiegers
Dis aanranding met die doel om ernstig te beseer! – Magdalene Koopman
Skorsing is nie goed genoeg nie, stuur hulle na ’n verbeteringskool, en as hulle 18 word, stuur tronk toe. – Drieks Willemse
Hulle is 18 – laat hulle tronk toe gaan. Waar eindig dit – met ’n “Jammer”? – Michelle Vaughan
Ek kry die ouers van daardie kinders jammer. Die vernedering . . . Hul kinders is waarskynlik reg opgevoed en word as engeltjies by die skool afgelaai, maar sodra hul voete die skoolgrond raak, is die duiwel los. – Ronelle Olivier
Ouers, julle moet jul kinders leer dat boeliegedrag nie reg is nie en dat dit hulle hele toekoms kan weggooi. – Wilma van Zyl




















