Hof aan Jacob Zuma: Betaal R28,9 miljoen binne 60 dae, of . . .:
Dis reg, die Wet van Transvaal vir al die skelms. – Duitser Smit
Ja, ’n mens maak jou eie bed op – waarop jy alleen gaan lê. – Elizabeth Anne
Die Stalingrad-taktiek gaan nie nou meer werk nie. – Barrie Stander
Dit is hoog tyd dat dié wat so geld steel tronk toe gaan. Dit is hulle verdiende loon. – Marietjie vd Merwe
Dit is lekker om skelm te wees, net duur. – Hannes Potgieter
Tyd om die Guptas te bel, as hulle nog met jou praat. – Kowie de Lange
Of . . . wat? Ja, reg. – Dion de Beer
Sien is glo. – George Stevens sr.
Ag wat, hy gaan nooit daai miljoene terugbetaal nie. Daai saak sal sloer en sloer tot hy dood is. – Carlin Booysen
Niks van daai geld gaan betaal word nie, en niks gaan met hom gebeur nie. – Maureen Jansen van Rensburg
Ek sal nie my asem hieroor ophou nie. – Herman Gropp
Nou gaan hy weer siek word, hou maar dop. – Cecile Pretorius




















