Israel het hom stief behandel, sê Madiba se kleinseun.
Siestog. Gaan soek simpatie by iemand anders. – Hannes Stoffberg
Jy het as misdadiger opgetree, word geag as ’n misdadiger, so jy verdien dit. – Gideon van Loggerenberg
Het jy gevra om toestemming om aan wal te gaan? Nee, want jy is mos bo die wet verhewe in SA. – Hilda Lombard
Foeitog. Wil hy soos ’n koning behandel word? – Deon Jacobs
Het jy nou gedink jy het verhoogte status omdat jy die kleinseun is? – Adri du Toit Homann
Shame, gedink hy is sy oupa. – Ricardo Jacobs
Het enigiemand verwag hy gaan sê iets was “lekker”? Ons is nie so dom nie, Mandla. – Piet van Zyl
My heart pumps lumpy custard for you. – Estelle de Lange Heymans
Wag, hy is na ’n warzone toe en gedink hulle gaan wat, tee en koekies uitdeel? Jy gaan moes daarheen met die wete dat jy ’n 50-50-kans het om nie terug te kom nie! – Jean Potgieter




















