Withuis ooglopend gefrustreerd met Suid-Afrika, sê Solidariteit.
Solidariteit tot ons redding. Ek hoop hy kry reg wat die lamsakkige, verdeelde, tandelose ANC nooit sal regkry nie. – Antonie K
Noudat die DA onder die ANC se duim is en pres. Cyril Ramaphosa hom nie meer hoef te verwerdig om met die DA-leier in gesprek te tree nie, het Solidariteit as die de facto opposisie-stem na vore getree ter beskerming van ’n grondwetlik demokratiese Suid-Afrika. – Peter van Berge
Ek hoop net dat pres. Donald Trump ons produsente sal onderskei van die ANC-regering se kommunistiese standpunte. Die werk wat Solidariteit vir die land doen, is van onskatbare waarde. Dankie. – EK01
Kom terug en bou iets hier. Binnekort is Trump weg en die Demokrate weer aan die bewind. By wie gaan julle dan huil? En hoeveel skade is dan aangerig aan die verhouding met mede-Suid-Afrikaners? Stel ’n beter voorbeeld as om by ’n boelie te gaan huil. – Alexander Supertramp
Solidariteit is ons Charlie Kirk. Hulle is net aktiviste vir hul lede, wat geen waarde of gewig in politiek dra nie. – Taco




















