Só lyk Bokke se span vir Saterdag se toets wat die tuiste van die Rugbykampioenskap-trofee sal bepaal:
Dis ’n goeie span. Die Bokke gaan ons trots maak. – Van Wyk
Waarvoor Bongi Mbonambi in die span is, sal ek nie weet nie. Hy was regtig swak toe hy nog gespeel het. Toe raak hy beseer en nou is hy weer terug. Ek weet wraggies nie wat gaan verander nie. – Douw Steyn
Hoekom is Lood de Jager oorgevlieg as hy nie eens op die reserwebank is nie? – Eddie oo8
Hoekom het Rassie Erasmus nie Wilco Louw in die beginspan nie? As hy skrumoorheersing van die begin af wil hê, sal dit mos beter wees met Louw daar. Met Ox Nché in die beginspan is daar ’n werklike risiko dat ons skrum gaan swaai as Nché vorentoe gaan en Thomas du Toit nie, wat strafskoppe teen ons kan beteken. – At Nel
Jy soek ’n meer beweeglike speler soos Du Toit wat meer kan uitrig met duikslae, rolmale en spoed oor 50 of 60 minute. Dan sit jy die swaarder, minder beweeglike speler op wat ’n finale impak kan hê en die ander span onder druk kan sit. – wfroneman04




















