SAUK-sakemodel ontwerp vir ‘wêreld van 50 jaar gelede’:
Die programme ook! – FB in C
Sit dit af, sit dit af! – Mening
Ons het al lankal nie meer die SAUK, die Poskantoor, die SAL, Blackberry-fone, faksmasjiene en aambeie nodig nie. Sit net die ligte af en trek die deur toe. – Koos Roos
Die probleem lê by die “openbare mandaat”, wat eintlik beteken goedkoop propaganda vir die ANC. – Jacobus Koning
Dit is ten volle getransformeer, so waarom kla mense? – My5sente
Geen probleem nie. Leen julself uit die moeilikheid uit. Die laaste ding om oor te bekommer, is die wense van kykers en luisteraars. – Husse Langoor
As jy goeie inhoud aanbied, kry jy kykers en advertensies. Vergelyk die inhoud met die verlede. Geen kind het die kinderprogramme misgeloop nie. Mense het die nuus en weerberigte aangehang. Die sportdekking was uitmuntend. Onderhoude was van die beste en die inhoud relevant. Die mense wat die SAUK se hande hoog gehou het, was die betalers, nie die niebetalers wat julle nou vermaak nie. – Jannie Venter




















