Stuur jou SMS na 36260. SMS’e wat die skrywer se naam bevat, kry voorkeur.
Dankie, David, Worcester (“Dis lekker om Suid-Afrikaner te wees”, 17.09). Ek stem volkome saam met jou. Ek kyk nie vas teen kleur nie – dis nie nodig nie. Die Bokke, almal van hulle, het my hart warm laat klop. Trots op hulle! – Maria Grobbelaar
Dit is prysenswaardig en oënskynlik grootmoedig dat pres. Cyril Ramaphosa toegee dat mislukte ANC-munisipaliteite by suksesvolle DA-munisipaliteite moet gaan kers opsteek. Die kernvraag is egter of dié party opleibaar is. – Anton Meyer, Durbanville
Kan iemand asseblief aan pres. Cyril Ramaphosa verduidelik hoekom DA-dinge werk en hoekom sy munisipaliteite amper altyd skoon oudits kry. Sy ministers in die RNE werk vir die land en sy mense, en waar die DA regeer, is bekwame mense aangestel, nie kaders en familie en vriende nie. Die DA het ook nie ’n Mashatile, Mantashe en Lesufi in hul geledere nie. – Johan, Nuweland
Senzo Mchunu, polisieminister, gaan dieselfde pad stap as oudpres. Jacob Zuma – die Stalingrad-pad. – Andries, Johannesburg
Die onbeheerde aanwas en instroming vernietig die Wes-Kaap se skole en ekonomie. Tree dringend op teen plakkery in en om stede en dorpe. – Leser
Mense skuld munisipaliteite miljarde rande en nou sien hulle wraggies kans om die uitstuur van rekeninge na woonadresse te staak. Hier kom ’n groot katastrofe. – EdeJ























