Lesers sê

Jy SMS

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister

Stuur jou SMS na 36260. SMS’e wat die skrywer se naam bevat, kry voorkeur.

Dana Snyman (27.09), sjoe, my hart! Ek lees jou skrywe oor en oor. Ek wens ek het jou talent gehad. – Petro, Strand

Ek stem volmondig saam met Kobus Terblanche­ (SMS’e, 27.09) dat die uitbundigheid van spelers ná die druk van ’n drie ongevraagd is. Dit is beslis nie ’n oorwinningskreet werd nie. Tarzan sou skaam kry as hy dit moes aanskou. – Pat Kelly

Die ANC sal weer toegee aan die PA sodat hy nie aan die RNE onttrek nie, want die PA help die ANC om alles deurgevoer te kry. – P v d m

Ek het verneem dat pres. Donald Trump nie die G20-beraad in Suid-Afrika gaan bywoon nie, aangesien ons lugmag nie genoeg vliegtuie het om ’n verbyvlug te reël nie. – Willem Louw, Pretoria

Dit sê baie dat Solidariteit en AfriForum vanjaar al meer in Amerika gekuier het as by ons president. – Johan, Nuweland

Dit gaan die verstand te bowe dat mense wat met AK47’s en pistole in hegtenis geneem word (23.09), binne ’n dag op vrye voet is. – Piet Steyn, Gordonsbaai

Sonder werklik grondige redes was ek nog nooit ’n groot ondersteuner van Helen Zille nie, maar dêmmit, sy het ware moed, oortuiging en deursettingsvermoë. – EdeJ

Dankie, Rassie Erasmus, dat jy nie Evan Roos kies nie. Die Stormers kan nie sonder hom klaarkom nie! – Eben, Parow

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM