Lesers sê

Jy SMS

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister

Stuur jou SMS na 36260. SMS’e wat die skrywer se naam bevat, kry voorkeur.

Die woord “kartel” oorheers die getuienis voor die Madlanga-kommissie. Het Suid-Afrika dalk sy eie Pablo Escobar(s)? Hy was die gevreesde leier van die Colombiaanse Medellin-dwelmkartel, wat die land “geregeer” het deur huurmoorde, omkopery, rampokkery en bomaanvalle. Klink dit bekend? Ek hoop nie ons is dalk net ’n “papierdemokrasie” terwyl “Pablo” en sy trawante eintlik agter die skerms regeer nie. Hoe het ons hier gekom? – Leser, Somerset-Wes

Fienie Grobler se rubriek “Zille t. Mdoda spieël van SA” (DB 30.9) toon haar onvermoë om objektief te oordeel. In Anele Mdoda­ kom Helen Zille te staan teen naakte rassisme en Zille verdedig haarself, die werklikheid en die waarheid met onverskrokke waagmoed en intelligensie. Grobler besef steeds nie dat ons in Afrika bly en sukses in oorlewing nie geskoei is op “ja en amen” om woke mense se guns te wen nie. Politiek in dié droewe land is nie vir sissies nie. – Johan Wepener, Durbanville

Waarom is almal so behep met Julius Malema­? Hy is ’n spoegie in die see. Waarom gee die media so baie aandag aan hom as sy tydjie as politikus baie vinnig besig is om uit te loop? – Louise, Knysna

Hoekom mag rugbyspelers nie uiting gee aan hul gevoelens nadat ’n drie gedruk is nie? Het julle al gesien hoe uitbundig die skare kan word? – Martin Bekker

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM