Lesers sê

Jy SMS

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister

Stuur jou SMS na 36260. SMS’e wat die skrywer se naam bevat, kry voorkeur.

Ek stem 100% saam met Ronnie Grace (30.09). Banke is net gefokus op winsbejag en nie omgee-diens nie. Solank jy hulle skuld, kyk hulle na jou. – Moela

Ronnie Grace (30.09) is heeltemal reg. Die banke laat toe dat sy kliënte besteel word. Dit is weens banke se swak stelsels wat kuberkraker-vriendelik is. Waarom sal banke hul stelsels verbeter as hulle diefstal ooglopend aanhelp en skotvry daarvan afkom? Die deler is nes die steler. Dis tyd dat wetgewing banke laat verander sodat misdadige optrede en vryspraak ophou. – Theuns

Ek hoop Paul O’Sullivan kry sy dag voor die Madlanga-kommissie. Dan gaan die poppe dans! – Koos, Middelburg

Madlanga-kommissie: Dit klink of die reënboogdae­ in Suid-Afrika al hoe meer verander na nag. Eisj. – Pieter

Johan, Nuweland (SMS’e, 30.09), let wel, Solidariteit en AfriForum het al telkemale vergaderings met die president aangevra, maar hy ignoreer hulle. Net so het dr. Corné Mulder ook al vergaderings aangevra en dit is ook geïgnoreer. – Colin, Franskraal

Ek erken ruiterlik dat ek nie ’n groot aanhanger van Helen Zille is nie en haar al aangeraai het om liewers maar “liefdevolle ouma­” vir haar kleinkinders te gaan speel. Tog glo ek dat sy die enigste een in die DA is wat die gemors in Johannesburg sal kan oplos. – Frikkie, Jeffreysbaai

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM