Stuur jou SMS na 36260. SMS’e wat die skrywer se naam bevat, kry voorkeur.
Ai, nou gaan ons weer appèl ná appèl van Julius Malema sien. Sug. – Gertjie
In reaksie op dr. Rudi Swanepoel se vraag “Wat is Solidariteit se einddoel?”(01.10): Moet die vraag nie eerder aan die ANC en die president gevra word nie? Of bekommer dit ons nie? – Gerhard
Leser, Somerset-Wes (SMS’e, 01.10), ons het beslis ’n mafia-regering, maar dit sal mos ten alle koste beskerm word. Daar is geen manier waarop Suid-Afrika gered kan word nie. – Krystal
Willem de Haan (01.10) en volksmoordenaar Bibi Netanyahu se waarheid druis regstreeks in met die werklikheid wat ’n mens elke dag op TV sien. Niemand is so blind soos dié wat nie wil sien nie. – Miggie
Die randprys versterk, die prys van ruolie daal en ons juig, maar die petrolprys styg?! – Jaap, Stad
Almal gaan al weer aan oor die wonder van die Afrikaanse taal en die Taalmonument – terwyl dit ’n varkhok is (nie die monument self nie, maar die pad na die monument). Ek stap amper elke dag na die hekke van die Taalmonument en dis bottels, papiere, plastieksakke, kondome, glasskerwe, kitskospakkies, ensovoorts, oral. As die munisipaliteit dit nie wil skoonmaak nie, waar is al die getroue Afrikaners? Doen tog iets! Nee, hulle sit liewer en skryf oor hul liefde vir die taal. – Johann Olivier, Paarl









