Stuur jou SMS na 36260. SMS’e wat die skrywer se naam bevat, kry voorkeur.
Ek sukkel om die woorde te vind om my skok te verwoord oor ekstreme vandalisme van studente van Fort Hare! Wat ek wel voel: stuur hulle Robbeneiland toe om te gaan klippe kap wat gebruik kan word om ’n brug te bou terug na die samelewing toe! – Linette Verster, Kuilsrivier
Nee, voormalige minister Pandor, geen pleister gaan help om die erosie van die ANC te herstel nie. – Gerrit Fabricius
Net tyd sal leer of Donald Trump in persoonlike belang opgetree het in sy “strewe” na vrede in die Midde-Ooste. Onthou, hy is ’n toksiese narcis en self-toekennende Nobel-vredespryswenner! – Schalk, Sbosch
Sibiya sê dat hy voel soos Josef wat deur sy broers verraai is. Die verskil is dat Josef ongedeerd uit die put gekom het. As u onskuldig is, hoef u nie bekommerd te wees dat u uit die donker put van ellende “verlos” sal word nie. – Bekker, Boston
Die bekende krieketklub Noordelikes-Goodwood vier vandag (Saterdag) sy 50ste bestaansjaar. Veels geluk aan die puik klub se spelers en bestuur. – EdeJ
Lt.genl. Mkhwanazi moet as minister van polisie aangestel word. – Gerrit, Kraaifontein
Kan daar nie met skarebefondsing begin word om die ANC te help om hul R85 miljoen-skuld te betaal nie? Ek kan dit afskop met die 50c wat ek in my rooi bank gekry het. – Johan, Nuweland









