Lesers sê

Jy SMS: Komaan, Bokke!

Die tweede toets tussen die Springbokke en All Blacks in die DHL-stadion het ''n skare van 56589 gelok.
Die tweede toets tussen die Springbokke en All Blacks in die DHL-stadion het ''n skare van 56589 gelok. (Gallo Images)

Stuur jou SMS na 36260. SMS’e wat die skrywer se naam bevat, kry voorkeur.

Die derde toets teen die All Blacks vandag is van kritieke belang. Net die wenner kan nog die reeks wen. Komaan, Bokke! – Chris van der Westhuizen Honeydew Ridge

Die rugbyreeks teen Nieu-Seeland is so opwindend. Dit is onverstaanbaar waarom die laaste wedstryd in Amerika gespeel moet word – en dit teen miljoene rande se koste. Dié geld kon immers liewer plaaslik aangewend word vir skole en klubs met swak of geen rugbygeriewe nie. – Dirk

Die ANC was laat met die inhandiging van hul kandidatelys, want hulle het seker nog gaan soek na kaders wat darem matriek het. – Japie, Somerset-Wes

Hoe is dit moontlik dat Feroz Khan dokters so kan misbruik? Hy kom weg met growwe misbruik – en ’n stelsel wat dit onophoudelik toelaat. – Krystal

Hoekom trek hulle nie die borgtog terug van die “siekes” nie en behandel hulle in ’n staatshospitaal onder bewaking? Of maak dit deel van die borgvoorwaardes dat as hulle weens siekte nie opdaag nie, hul borg teruggetrek word. – Tommie, Boksburg

Ons hoë kommissaris in Indië weet nie wie die mense is saam met wie hy op ’n foto verskyn nie (04.09)?! Ek huil vir my land! – Linette Verster, Kuilsrivier

Wat soek ’n foto van ’n Gupta in die koerant? (04.09). Hy moet in die tronk wees. – Arm belastingbetaler, Kraaifontein