Stuur jou SMS na 36260. SMS’e wat die skrywer se naam bevat, kry voorkeur.
Dit is hoog tyd dat Suid-Afrikaanse rugbyspanne, onder wie die Springbokke, besef dat ’n rugbywedstryd uit 80 minute bestaan. – D.J., Mosselbaai
Vyf polisiebeamptes van Suid-Afrika word na Frankryk gestuur om Nathi Mthethwa se dood te ondersoek. Een sou genoeg gewees het. Die rede/oorsaak van sy dood is tog voor die hand liggend. Dis net ’n vakansie in luukse hotelle op die belastingbetaler se koste. – Klippie van De Wildt
Is die besluit om vyf senior speurders te stuur om die Franse polisie te help met die ondersoek deur die polisie of deur die ANC geneem? – J. Kotze, Hermanus
Dit is tog opmerklik hoe desperaat en aanhoudend die ANC skielik sy toegewydheid aan skoon regering uitblaker. Die Madlanga-kommissie en ’n oudpolisieminister se besluit (?) om na sy dood te spring, laat Fikile Mbalula behoorlik rondspring soos ’n kat op ’n warm plaat. Arme man, niemand glo hom nie! – Herman
Die beleggers van die Kleuterzone-Ponzi-skema kry seker darem nou so ’n bietjie berusting met Rensche Bougas wat gereeld ween in die media oor hoe swaar hulle nou kry nadat die gesteelde geld opgedroog het.– Segnet, Skulpiesbaai
Ek wil net Deon, Heidelberg (04.10), inlig dat daar geen onkantlyn binne jou eie doelgebied is nie. – Johann, Velddrif




















