Lesers sê

Jy SMS

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister

Stuur jou SMS na 36260. SMS’e wat die skrywer se naam bevat, kry voorkeur.

Praetor, Durbanville (07.10), stel (tong in die kies) ’n klomp “vakke” voor wat studente kan studeer om hulself te kwalifiseer om die land af te breek. Waarom sou iemand al die moeite doen om in onderduimsheid opgelei te word? Nee, nee, bespaar al die studiekoste en -tyd, en sluit bloot by die ANC aan. Dit is so eenvoudig soos dit. – Johan Wepener, Durbanville

Die ANC spog op sy onlangse NUK met suksesse wat deur die RNE behaal is asof dit die ANC se toedoen is. Hy ploeg met ’n ander man se kallers. – MB

Is daar regtig ’n sinvolle verklaring daarvoor om vyf speurders Frankryk toe te stuur om die polisie daar te “help”? Die verwaandheid is verbysterend. Net nog ’n magsvergryp en verkwisting van bronne? – Schalk, Stellenbosch

Die nuwe ouerkraamverlof is maar net nog ’n manier om meer geld uit werkgewers te suig sonder om enige dienste te lewer. – Ben Haiser

Het Maandag se lekker reëntjie in die Kaap dalk te doen met die feit dat die Stormers twee weke ná mekaar gewen het? Doen so voort! – Martiens Bekker

Wil nog ’n paar partye nie ook saamsmelt nie? Dit sal baie rompslomp, tyd en geld bespaar. – EdeJ

John Scott (04.10): Ek het lekker gelag. Uitstekend! – Hans, Stellenbosch

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM