Stuur jou SMS na 36260. SMS’e wat die skrywer se naam bevat, kry voorkeur.
Het Mandla Mandela regtig gedink omdat hy Nelson Mandela se kleinseun is, hy voorkeurbehandeling sou kry deur humanitêre hulp aan Gasa te verleen? – Bek MJ
Die regering se 10-punt-plan kan net so goed ’n 100-punt-plan wees, want dit is betekenisloos as dit nie uitgevoer word nie. – Ben Haiser
Hoekom mag die telkaarte van Suid-Afrikaanse vrouekrieket nie in die koerant vertoon word nie? – Johan Bauer, Centurion
Gaan ons nooit weer ’n kriekettelkaart in die koerant kry nie? Kan daar dan nie ’n gesoute sportverslaggewer aangestel word nie? – Peppie, Worcester
’n Russiese vliegtuig land in Upington vanaf Iran. As ek dit nie mis het nie, was daar voorheen ’n ondergrondse kernwapentoetssentrum in die Kalahari. – Henk, Oos-Kaap
Ek kon my oë nie glo toe ek sien By is terug nie! Sjoe, daar gebeur nog goeie dinge. Baie dankie. – Marietjie Terblanche
Ouma Patricia de Lille was al by baie partye betrokke, sy moet nou maar gaan rus. – Arm belastingbetaler, Durbanville
Met die goedkeuring van die konstitusionele-hof-beslissing dat pa’s en ma’s nou ouerskapverlof kan deel, kan ons seker nou verwag dat die bevolkingsaanwas gaan verdriedubbel, wat nog meer stres op ons samelewing gaan plaas. – Segnet, Skulpiesbaai




















