Lesers sê

Jy SMS

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister

Stuur jou SMS na 36260. SMS’e wat die skrywer se naam bevat, kry voorkeur.

RSG gee buitengewoon baie dekking aan die deelname van Mandla Mandela aan die flottielje wat Gasa met hulpvoorrade in die midde van ’n oorlog aldaar wou “help”, maar wel sonder die beweerde hulpvoorrade. Wat anders sou die nuuswaarde daarvan wees as dat die Hamas-ondersteuners ’n gek van hulself gemaak het? – Johan Pretorius, Ladismith

Ek stem saam met Willem de Haan dat ’n mens nie alles moet glo wat jy op TV sien nie, maar ek twyfel of al die kanale wat oor die volksmoord in Gasa berig, doelbewus vals inligting versprei. Dus staan ek by my stelling dat niemand so blind is as dié wat nie wil sien nie. – Miggie

Waarom is dit so dat ’n mens deesdae met allerhande steurnisse moet kompeteer as jy ’n rustige maaltyd in ’n restaurant wil geniet? Dit is harde koffiemasjiene, musiek en geraas uit alle hoeke wat hiperweerkaats van teeloppervlaktes i.p.v. matte wat dit absorbeer. – Waarnemer

Wat maak Julius nog in die parlement? Hy’s dan skuldig bevind. En nogal in die Regterlike Dienskommissie! – Nandie Wessels

Die R360-rugby-rebelletoernooi wat beoog­ word, kan baie voordelig wees vir die ouens wat weet dat hulle nie in die volgende Wêreldbeker gaan speel nie. – Marthinus Bekker

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM