Lesers sê

Jy SMS

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister

Stuur jou SMS na 36260. SMS’e wat die skrywer se naam bevat, kry voorkeur.

Hoe Donald Trump gedink het dat hy die Nobelprys vir vrede sou ontvang, is eintlik skreeusnaaks. Hy wil dan nou die VSA se department of defense se naam verander na die department of war. Anybody home? – Miggie

My eerste rugbytoets as toeskouer was die vierde toets tussen die Springbokke en die Leeus gedurende 1962 in Bloemfontein. Halftyd het ek opgelet dat twee emmers water en bekertjies vir die spelers langs die veld regoor die middellyn neergesit is om hul dors te les, soos by enige plattelandse rugbywedstryd gedurende daardie jare. –John, George

RSG se nuusaanbieding is pateties! Sekere programme is aanvaarbaar. Die persoon wat ná ses soggens aanbied, is egter ’n klad op die naam van omroepers. Behoort spraaklesse te oorweeg. – Overberger

Wat is hierdie ANC rêrig besig mee in die donker ure van die nag? Ons het die LadyR gehad, Russiese vliegtuig wat by Waterkloof land, en dan nog een wat by Upington vanaf Iran land, vol gelaai en leeg opstyg. Blyk niemand in die RNE weet iets nie. Maar dan weet niemand in die RNE ooit iets nie, want vir oor die 16 maande gaan pres. Ramaphosa aan asof die ANC 66,67% gekry het in Mei 2024, en nie 41% nie! Soos om nie die ander kinders toe te laat om met jou bal te speel nie! – Johan, Nuweland

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM