Lesers sê

Jy SMS

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
.
. (Foto: Reuters)

Stuur jou SMS na 36260. SMS’e wat die skrywer se naam bevat, kry voorkeur.

Pres. Donald Trump en ander leiers verkondig nou “Uiteindelik vrede in die Midde-Ooste!”, ensovoorts. Hul geheue is kort. Hoeveel keer vantevore is dit al gesê? – Kosie

Pres. Donald Trump se verwaandheid is ongekend. Hy glo alles is wel in Gasa. Groot gaan sy val wees as die werklikheid toeslaan. – Waarnemer

Johan Nuweland (SMS’e, 14.10.) skryf dat die ANC in die RNE voortgaan asof die ANC die verkiesing met twee derdes gewen het. Ek stem saam. Die ander lede van die RNE word deurgaans minagtend geïgnoreer. Nou wie se skuld is dit? Sonder twyfel die ander lede in die RNE en die DA in die besonder. Hoekom laat hulle dit toe? Ons gewone mense verstaan dit nie, ons beste pogings ten spyt. – Johan Wepener, Durbanville

Indien Palestina onafhanklik/apart van Israel deur die ANC bevorder word, hoekom kan Orania en Kleinfontein nie ook erken word as apart nes Palestina nie? Wit Afrikane word verdruk. – Theuns van Tonder

As Eskom kragverspreiding in totaliteit oorneem, sal sommige metro’s, soos die Kaap, dalk bankrot speel. – Ben Haiser

Fikile Mbalula sê “Kry dié voor stok wat die ANC misbruik vir eie gewin”. Hy moet maar by homself begin. – Bekker, Bellville

En daar gebeur dit weer, ’n groot behuisingstekort in Pretoria. Die Bulle het aarde toe gekom. – Eben, Parow

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM