Lesers sê

Jy SMS

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister

Stuur jou SMS na 36260. SMS’e wat die skrywer se naam bevat, kry voorkeur.

Pres. Cyril “Pinocchio” Ramaphosa se onthou en vergeet oor ’n verdagte in die Tembisa-skandaal (14.10) raak soos Joe Biden in sy laaste dae as president. Is hy dalk ook ernstig siek? – Theuns van Tonder

Nobelprys vir vrede aan pres. Donald Trump?! Talle vorige wenners of nasate van wenners sal dan seker hul eerbewyse wil teruggee. – Ben Haiser

Pres. Donald Trump is by verre die mees verwaande mens op aarde. Punt. Dit is om van naar te word. – Marina

Tino van Suidooster versuur lankal die storie! Ek hoop hy/sy kry nou gou ander werk, want dit is uiters vervelig en net te erg om langer te verduur. – Antitino, Paarl

Dis opvallend dat pres. Cyril Ramaphosa nie na die Gasa-beraad in Egipte genooi is nie. Selfs ’n klein landjie soos Paraguay was daar. Dis omdat Ramaphosa en sy ANC ondersteuners van Hamas en ander terreurorganisasies is. Skandelik. – Colin, Franskraal

Shadrack Sibiya, geskorste adjunk- nasionale polisiekommissaris, sê dat hy net opdragte uitvoer (13.10). Kan ’n mens dus aflei dat hy nie die onderskeid tussen reg en verkeer ken nie? – Marthinus Bekker

Mooi so, Siviwe Gwarube, minister van basiese onderwys! Jou knuppel in die Bela-hoenderhok het voorwaar die besluitlose draadsitters geaktiveer. Hopelik is daar nou werkbare voorstelle. – Iris, Somerset-Wes

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM