Lesers sê

Jy SMS

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister

Stuur jou SMS na 36260. SMS’e wat die skrywer se naam bevat, kry voorkeur.

Hennie van Deventer (20.10), ek vermoed die Franse polisie hou ons polisie daar om hulle te help om die inbraak in die Louvre te ondersoek. – Danie, Suid-Kaap

Hierdie seisoen se Boer soek ’n vrou is die swakste nog. – M. L. Rossouw, Panorama

Wat het die Stormers geëet dat hulle ná vier wenne die pasaangeër is in die VRK? Geluk, ouens, doen so voort. – Martin Bekker

Dit sal ’n heuglike dag wees as Sharemax se direkteure selmaats van Louis Liebenberg word. – Boats, Upington

10 uit 10 vir Johan Sadie se brief “Musiek dien God somtyds beter as die kerk”(18.10). Ek kon dit self nie beter gestel het nie. – Welgedaan

As daar nog mense is wat wonder waarom die daaglikse Afrikaanse spreektaal so gehawend is, luister gerus na sepies soos Suidooster. – EdeJ

Hoekom steek pres. Cyril Ramaphosa nie ’n stokkie voor die massas wat die Oos-Kaap verlaat vir ’n beter lewe in die Kaap nie? – Wonder net, Wes-Kaap

Sny al die massiewe bome in Goodwood af om te verhoed dat blare die dreine vul, dan sal daar nie so baie gebarste waterpype wees nie en die “herstel” van gate nie bloot los gruis wees wat voertuie vinnig uitry nie. – Johanna, Goodwood

Laat ek raai wie gaan betaal vir die nuwe kragplan van R2 200 miljard. – Bertie

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM