Stuur jou SMS na 36260. SMS’e wat die skrywer se naam bevat, kry voorkeur.
Ek wonder hoe ons dorpe en stede sal lyk as ons “al ons pragtige bome afsny”, soos Johanna van Goodwood voorstel (SMS’e, 21.10). Sy ken vir seker nie die nut van bome in ons atmosfeer nie. – J. Olivier
Ja, Johanna, Goodwood (SMS’e, 21.10), dis nou ’n geval van “To cut off your nose to spite your face”. Ai. – Benna
Oor die onlangse berig oor die Agulhas-rooivlerkie se status: By Heidelberg (Kaap) het ons baie rooivlerkies in die Duiwenhoksrivier gevang om later palings mee te vang. – Blackie Swart, Malmesbury
Hierdie ondersoeke na ongerymdhede in die polisie is niks anders as ’n bakleiery oor mag, waar geld en eie belang vooropgestel word nie. – Marthinus Bekker
Soos elke keer vantevore staan pres. Donald “Pamplona-bul” Trump terug sodra hy pres. Wladimir Poetin moet konfronteer. In plaas daarvan om te veg dat albei kante ten minste 50% grondgebied afstaan, moet Oekraïne alles afstaan, terwyl Trump sy eie beuel blaas. – Waarnemer
Ek wonder as die RNE ná 177 dae (ses maande) weer bymekaarkom, of John Steenhuisen sal sê of deur pres. Cyril Ramaphosa aangesê word? Ek dink die mense van Suid-Afrika is nou net mooi siek en sat en dik dat Ramaphosa en die ANC steeds nog al die toutjies in die RNE trek – en dit met 41% steun! – Johan, Nuweland




















