Lesers sê

Jy SMS

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister

Stuur jou SMS na 36260. SMS’e wat die skrywer se naam bevat, kry voorkeur.

“Affie laat oë rek met militêre wa by afskeid”(22.10): Nee magtig, nou ruk matriekafskeide hande uit. – Hans, Stellenbosch

Ek wonder wat is die sielkundige rede waarom sommige matrieks op bisarre en uitspattige wyses by hul matriekafskeid aankom. Dalk is dit die behoefte aan ’n (kortstondige) 15 minutes of fame. En wat is volgende – iemand wat opdaag met ’n lykswa met ’n lyk agterin? – Kapenaar

Dit jammer dat Evan Roos een van die spelers op bystand moet wees. Dit is nooit lekker om die swaan in die eendedam te wees nie. – Marthinus Bekker

Die Moedergemeente van Parow se kerkklok is klaarblyklik ook gesteel, want dit lui glad nie meer nie. – Eben, Parow

Hierdie seisoen van Boer soek ’n vrou is uitstekend met ’n puik, opwindende aanbieder. Die vorige aanbieder was maar vaal. – Johan, Durbanville

Al sukkel ons lootverlore Protea-wêreldkrieketkampioene tans is dit tog skandelik dat die rapportering van hul wedstryde oor radio RSG uiters swak is. – EdeJ

“Bankamptenare help met bedrog” (22.10): Ek stem saam. Dit word sterk vermoed dat bankamptenare mense buite die bank van inligting voorsien om kliënte te mislei met bankslenters. Ek raak blou van woede as ek aan daardie bank dink. – Wessel Fourie, Afsaal

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM