Stuur jou SMS na 36260. SMS’e wat die skrywer se naam bevat, kry voorkeur.
Die opskrif op Donderdag (23.10) se voorblad – “No. 1 moet betaal” – is misleidend en verkeerd. Jacob Zuma is nie meer “No. 1” nie. Dit moes lees: “Gewese No. 1 moet betaal”. – Du Toit, Langebaan
Volgens die Oxford Dictionary beteken “maraud” “make pilfering raid” (plunder). Het Louis Liebenberg dit geweet toe hy die hoofkantoor van Forever Diamonds and Gold in Marauder House in Marauderstraat ingerig het? – Liewe Heksie, Stellenbosch
Kobus Terblanche (22.10) kan “geen kop of stert uitmaak” van hedendaagse gedigte nie. Ek ook nie. Die skrywer Kas van den Bergh het destyds verduidelik: As jy ’n prys vir gedigte wil verwerf, is daar drie vereistes: Eerstens moet die gedigte verkieslik onverstaanbaar wees. Tweedens moet dit onder geen omstandighede rym nie. En derdens mag dit nooit inspireer, aangryp of vermaak nie. – Stoffel van Waverley
Komaan, bring asseblief die telkaarte terug. – Hans, Stellenbosch
Marius Kritzinger se brief (23.10) verwys. Ek moes nou die dag seker maak of ek op kanaal 144 was as gevolg van al die Engelse advertensies. – Manda, Kaapstad
Desert Wolf (Jy op Facebook, 22.10), jy is 100% reg. Wat Salmaan (besering op pad) Moerat in die Springbok-span vir die jaareindtoer soek, gaan my verstand te bowe! – Frikkie, Jeffreysbaai




















