Lesers sê

Louvre-diefstal: SA kan mos help

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister

Fanie van die Paarl, skryf:

Dit was met groot verbasing en dankbaarheid dat ek gelees het van die baie duur en skaars juwele wat uit die Louvre in die hart van Parys en in “werkstyd” gesteel is.

Verbasing omrede ek onder die indruk was dat die Franse darem hul “kroonjuwele” uit vorige geslagte beter sou oppas. Dankbaarheid omdat ek redelik seker daarvan is dat die Suid-Afrikaanse speurders wat Frankryk toe gestuur is om die Franse te help om ambassadeur Nathi Mthethwa se manier van afsterwe te help oplos darem sekerlik steeds daar is om die Franse te help met die ondersoek na die diefstal van die juwele.

Ek is daarvan oortuig dat hulle ’n groot bydrae tot die oplos van die diefstal sal kan maak. Dis nou te sê as hulle nie self daarvoor verantwoordelik is nie, want die reis- en verblyftoelae wat die staatsdiens deesdae betaal, klink vir my so ’n bietjie aan die dun kant as ek die koerantberigte daaroor reg lees.

Hoe dit ook al sy, ek sal bly wees as ons darem kan help met die ondersoek.

lesersbrief

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM