Lesers sê

Moderne digkuns te modern vir my

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
x
x (x)

Kobus Terblanche, Middelburg, skryf:

Alwyn Roux se skrywe “Om te help onthou wat ons mens maak” (20.10) oor letterkunde, en veral die hedendaagse poësie, het my aan die wonder gesit.

Ek moet bieg dat moderne poësie heeltemal bo my vuurmaakplek is. Ek maak meestal geen kop of stert daarvan uit nie.

Die gedig van Bibi Slippers wat Roux aanhaal, verstaan ek glad nie. Met sy eie slaapliedjie kan ek darem assosieer.

Die meeste digkuns post die 1960’s is vir my Grieks. Daar skort waarskynlik iets hogerig, tussen my ore, vermoed ek.

lesersbrief

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM