Dr. Corrie Muller, Stellenbosch:
Theo Stehle (“Kirk, Trump en Christelike waardes”, 01.10) beskou pres. Donald Trump as ’n goeie leier. Hy skryf: “Maar as Trump ná sy eerste termyn vir ’n verdere termyn van vier jaar verkies is – en dit deur meer as die helfte van die der miljoene Amerikaanse kiesers – kon hy darem nie te vrot regeer het nie, of hoe? Óf hy het nie te vrot regeer nie óf die meeste Amerikaners is morone.”
Vergelyk dit met ons eie oudpres. Jacob Zuma – wie se private en openbare lewe terloops baie gemeen het met Trump s’n – wat ook vir ’n tweede termyn verkies is. Meen Stehle dus dat Zuma ook nie te vrot was nie, of is dit omdat ons kiesers morone was deur hom weer vir ’n tweede termyn in te stem?




















