Lesers sê

Skoon staatsdiens dán ’n droom

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister

Ben van Rensburg, Strand, skryf:

Die toneelstuk Die waarheid maak jou vry, met onder andere lt.genl. Nhlanhla Mkhwanazi in die hoofrol en politici in ondergeskikte rolle, speel tans voor die Madlanga-kommissie en in die parlement af.

Mense kan op TV sien dat hoe meer kwalifikasies professionele staatsamptenare soos Mkhwanazi verwerf, hulle van hul politieke base (waarvan die meerderheid nie eers die woord “regeer” kan spel nie) wegdryf.

Aansoekers om poste in die staatsdiens wat op hul CV kan aandui dat hulle lid van die ANC is (en in baie gevalle nie eers matriek het nie, maar politieke konneksies het), kry voorkeur vir aanstelling in sleutelposisies. Daar is geen aanmoediging meer vir kinders om matriek te behaal of verder te studeer nie.

Die ANC kan hoeveel kommissies van ondersoek aanstel om korrupte en misdadige politici te ondersoek, maar voordat hulle nie vinnig voor ’n hof gedaag word nie, sal ’n “skoon” staatsdiens en ’n beter Suid-Afrika vir almal net ’n droom bly.

lesersbrief

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM