Lesers sê

Stadig oor die klippe met Sacha

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister

Kosie, Sonstraalhoogte, skryf:

Ná sy indrukwekkende vertoning Saterdag word Sacha Feinberg-Mngomezulu nou geloof as onder meer “wêreldklas”, “die toekoms van rugby”, “geniaal”, “superster” en “losskakel-troonopvolger”.

In ag genome sy intelligensie, taktiese insig, kalmte onder druk en die rekords wat hy Saterdag verbeter het, is dit seker welverdiend. Maar kan hy dieselfde impak maak teen sterker teenstanders?

Sy vertoning was niks minder as briljant nie, maar neem in ag dat Argentinië nie Saterdag op hul beste was nie en sleg afgesteek het teen spanne soos Nieu-Seeland, Frankryk en Ierland.

Dié spanne is nie net tegnies goed nie, maar bring ook ’n fisieke intensiteit wat dikwels moeiliker is om te hanteer, veral vir spelers wat relatief nuut tot toetsrugby is.

Ook het Sacha Saterdag agter ’n dominante pak gespeel, wat dinge vir hom heelwat makliker gemaak het. Dit gaan nie altyd die geval wees nie. Hoe gaan hy dan vertoon?

Dat daar wel uiters bemoedigende tekens is, is wel so.

kosie, sonstraalhoogte

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM