Caleb Swanepoel is 'n akteur wat sy been in 2015 in 'n haai-aanval verloor het. Hy is Maandae tot Donderdae om 18:30 te sien in die kykNET-telenovelle Diepe Waters.

Wat is jou grootste prestasie tot dusver?
Om op een been te staan.
Wat is jou idee van perfekte geluk?
Vrede.
Wat is jou gemoedstoestand op die oomblik?
Kalm.
Wat is jou gunstelingberoep?
Wat ook al ikigai bring.
Wat is jou kosbaarste besitting?
Familie.
Wat of wie is die grootste liefde van jou lewe?
Familie en my chosen tribe.
Wat is jou gunstelingreis?
Een wat jou iewers heen vat, maar hopelik jou toelaat om terug te keer.
Wat is jou sterkste karaktereienskap?
Positiewe energie.
Waar en wanneer is jy op jou gelukkigste?
Wanneer ek vrede in myself en met die wêreld voel.
Wat is die een ding waarvan jy die minste hou?
As iets swak geadverteer word.
Wat is jou grootste vrees?
Om nie al die geleenthede wat die lewe aan my bied aan te gryp nie - Not squeezing all the juice out that life has to offer.
Wat is jou grootste uitspattigheid?
Ribeye steak, pannekoek met botter en esdoringstroop.
Watter lewende mens verag jy die meeste?
Dit wissel.
Waaroor is jy die meeste spyt?
Ek is nie seker nie...
Watter talent sou jy graag wou hê?
Om te kan vlieg.
Waar sal jy die graagste wil bly?
Die Shire (uit Lord of the Rings).
Wat beskou jy as die grootste ellende?
Die dood.
Van watter eienskap in 'n man hou jy die meeste?
Iemand wat luister.
Van watter eienskap in 'n vrou hou jy die meeste?
Iemand wat luister.
Watter eienskap van jouself is die betreurenswaardigste?
Om nie oor te gaan tot aksie nie, veral wanneer dit nodig is om aksie te neem.
Watter eienskap in ander vind jy betreurenswaardig?
Dit wissel.
Wat waardeer jy die meeste van jou vriende?
Dat hulle my ondersteun en lief is vir my.
Wie is jou grootste (fiktiewe) held?
Wolverine.
Wie is jou gunstelingskrywer(s)?
Tolkien, Shakespeare, George R.R. Martin.
Met watter geskiedkundige held identifiseer jy die maklikste?
Wolverine.
Wie is jou helde in die ware lewe?
My ma.
Watter lewende mens bewonder jy die meeste?
Daar is baie.
Wat dink jy is die mees oorskatte deug?
Ek het nog nooit eintlik daaraan gedink nie.
Wanneer vertel jy leuens?
When you are not living the truth.
Watter woord of frase gebruik jy te veel?
"Like."
As jy iets aan jouself kan verander, wat sal dit wees?
Ek sou vir myself 'n super power gegee het.
Wat is jou gunstelingname?
Daar is verskeie - dit hang af vir wie of wat die naam is.
Hoe sal jy graag wil sterf?
Vreedsaam.
As jy ná jou afsterwe kon terugkom as 'n mens of 'n ding, wat dink jy sal dit wees?
'n Arend of 'n Bernse Senninghond.
Wat is jou motto?
Een dag op 'n slag
















