Uit die Bybel Wees goedgesind en hartlik teenoor mekaar, en vergewe mekaar soos God julle ook in Christus vergewe het. – Efesiërs 4:32
Uit die Koran Indien julle die groot dinge wat vir julle verbode is, vermy, sal Ons julle slegte neigings van julle wegneem, en veroorsaak dat julle ’n geëerde plek kan binnegaan. – Koran 4:31
Gedagte vir die dag Kennis is om te weet ’n tamatie is ’n vrug; wysheid is om dit nie in ’n vrugteslaai te sit nie. – Miles Kington












