Stephan Joubert: Die Jaar van ons Heer gebeur

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: Pixabay
Foto: Pixabay

Anno Domini - die Jaar van ons Heer. Dit was die term wat die monnik Dionysius Exiguus in die jaar 525 gebruik het toe hy Jesus se geboortejaar as dateringspunt vir sy Paasfeeskalender gebruik het. Hoe hy dit bereken het, is 'n ander dag se gesprek. Algaande is die jaar 1 AD egter as Jesus se geboortejaar benut.

Die Nuwe Testament vertel vir ons die tyd het met Jesus se koms gedraai. Dit het na koninkrykstyd verskuif. God se koninkryk het reeds met Jesus se optrede begin.

Hierdie koninkryk vra egter om metanoia van ons kant - dit vra om 'n nuwe hart, 'n nuwe denkstelsel en 'n nuwe manier van leef.

God se koninkryk is gedesentraliseerd en subversief. Dis nie gekoppel aan enige spesifieke land of grondgebied nie. Dit het geen aardse regering of weermag nie. Hierdie koninkryk breek gedurig op verrassende maniere aan.

Soos 'n skat waarop iemand onverwags afkom, só gebeur God se koninkryk steeds wanneer mense trompop in Hom vasloop. Dan gaan hul harte oop vir die Here, en vir almal om hulle. Dan is dit meteens Anno Domini-tyd in hul lewe.

Uit die Woord

"Die koninkryk van die hemele is soos 'n skat wat in die veld begrawe lê. 'n Man het dit ontdek en weer toegegooi. Uit blydskap gaan verkoop hy alles wat hy het en gaan koop daardie grond." - Matteus 13:44

SPELETJIES VANDAG

CTA