Stephan Joubert: Die laaste strooi(tjie)

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: Pixabay
Foto: Pixabay

Daar word bereken dat die mensdom meer as 'n miljard plastiekstrooitjies per dag vir koeldrank, water en ander drankies gebruik. Die meeste plastiekstrooitjies kan nie weer gebruik word nie, en word weggegooi.

Dikwels beland dit in riviere en in die see. Wanneer seeskilpaaie en voëls sulke strooitjies as kos beskou, is die gevolge baie sleg. Hul spysverteringstelsels doen groot skade op. Strooitjies wat op ashope beland, vergaan nie, want dis van geharde plastiek gemaak.

Daar is 'n beter roete: Moenie plastiekstrooitjies gebruik nie. Gebruik eerder bio-afbreekbare papierstrooitjies. Of glasstrooitjies en metaalstrooitjies wat oor en oor gebruik kan word. Só lewer jy op 'n beskeie maar daadwerklike manier 'n bydrae tot die beskerming van God se mooi skepping. Dit is immers ook deel van jou roeping as gelowige om 'n oppasser van God se handewerk te wees. Help om sy wêreld mooi te hou. Help om dit te bewaar. Leer almal om jou dat dit ook hul roeping is. Leer hulle dat God se skepping kosbaar is. Dis egter nie onbreekbaar nie. Ons as mense is die groot oortreders hier. Moenie so iemand wees nie.

Uit die Woord

"Is dit nie vir julle genoeg dat julle die goeie weiding afwei en dan die res van die weiding vertrap met julle pote, dat julle skoon water drink en dit wat oorbly, dan met julle pote modderig maak nie?" - Esegiël 34:18

SPELETJIES VANDAG

CTA