Stephan Joubert: Doen meer as foutvind

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: Pixabay
Foto: Pixabay

Doer in Desember was die anti-Kersfees-brigades weer op hul stukke oor hierdie "heidense" fees wat in "die kerk" toegelaat word.

Omdat 25 Desember in die Romeinse Ryk as die son se oorwinning oor die duisternis gevier is, meen hulle iets soortgelyks het al weer in Desember 2024 gebeur in elke huis wat dit lankal hervorm het tot 'n Bybelse feesviering oor Jesus se koms.

Dit het veels te maklik geword om "die kerk" oor enigiets uit te haal, van Kersvierings tot liberalisme, fundamentalisme of skynheiligheid.

Ek vra soms vir sulke voltydse foutvinders op watter kruishoogte leef hulle. Dis maklik om doer bo op 30 000 voet te veralgemeen oor "die kerk" se foute. Maar dis iets anders om self aanwesig te wees op 3 voet waar gewone leraars in gewone gemeentes die Evangelie reg bedien. Dis iets anders om op grondvlak te beleef hoe sukkelende gemeentes hulself te na kom om kospakkies onder armes te versprei. Of om te sien hoe gelowiges hul tyd, gawes en geld stilweg gebruik om God te verheerlik.

Die kerk-afskieters daar op hulle "veilige" 30 000 voet-kruishoogte moet hulself 'n slag afvra wat doen hulle, behalwe foutvind.

Uit die Woord

Daarom is daar vir jou, o mens, wat oordeel, wie jy ook al is, geen verontskuldiging nie. Met die oordeel wat jy oor die ander persoon uitspreek, veroordeel jy immers jouself, omdat jy wat oordeel dieselfde doen. - Romeine 2:1

SPELETJIES VANDAG

CTA