Stephan Joubert: Geen encores nie

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Illustrasie: Pixabay
Illustrasie: Pixabay

Dis een ding om foute te maak, maar dis iets anders om daarop voort te bou met die een encore ná die ander. In gewone taal gesê: Jy moenie jou foute oor en oor herhaal nie.

Hoe? Wel, die beste manier om foute uit te skakel, is om dit nie te begaan nie. Maar dis nie so maklik nie, want nie een van ons is volmaak nie. Ons almal struikel maar oor ons eie foute en sondes.

Hoe gemaak om nie aanhoudend dieselfde foute te begaan nie? Wel, jy moenie jou hoop daarop sit dat jy genoeg sal leer uit jou foute om dit nie weer te begaan nie, veral nie uit jou morele foute en oortredings nie. Al wat jy daaruit sal leer, is dat dit verkeerd is. Maar hierdie les gaan jou nie genoegsaam help nie. Dit gaan jou nie keer om dit nogmaals te doen nie.

Hier's 'n beter roete: Leer eerder by die Here. Laat toe dat Hy jou innerlik oortuig dat sulke foute met sy wil vir jou lewe bots. Laat sy Gees toe om jou lewe met sy teenwoordigheid te vul. Dan vat jou foute en oortredings vanself die pad.

Uit die Woord

Soos 'n hond wat terugkeer na sy braaksel, so is 'n dwaas wat sy sotheid herhaal. - Spreuke 26:11

SPELETJIES VANDAG

CTA