Sielsdinge

Stephan Joubert: God heg ewige waarde aan ons

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Illustrasie: Getty Images
Illustrasie: Getty Images

Wat beteken dit as jy sê een of ander aankoop is goeie waarde vir jou geld? Is dit om iets goedkoper te kry as wat jy verwag het om daarvoor te betaal?

Jy hoor dikwels dat mense te duur vir sekere items betaal het, maar selde dat mense te min betaal het. Is laasgenoemde wat bedoel word met "goeie waarde vir jou geld"? Eintlik moes jy meer daarvoor betaal het, maar jy het toe nie, en dis goeie waarde vir jou geld.

Van goeie waarde gepraat, die Here se meetinstrument daarvoor is heeltemal anders as ons s'n. Paulus vertel in Romeine 5 dat God ons gevat het soos ons was toe Hy ons raakgeloop het. Hy het ons gevat toe ons goddeloos was (vers 6). En toe ons nie goeie mense was nie (vers 7). En toe ons sondaars was (vers 8). En toe ons God se vyande was. Toe reeds het die Here besluit ons is goeie waarde vir Hom. Hy het toe reeds van ons gehou. Toe het Hy gekies om ons met Homself te versoen.

Daarom dat ons as gelowiges nou God se kinders is. Hy self gee waarde aan ons, goeie waarde, ewige waarde!

Uit die Woord

Want die loon van die sonde is die dood; maar die genadegawe van God is die ewige lewe in Christus Jesus ons Here. - Romeine 6:23

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM