Sielsdinge

Stephan Joubert: God het jou reeds gevind

Biblical vector illustration of Jesus as a shepherd
Biblical vector illustration of Jesus as a shepherd (Foto: Getty Images)

Jy hoef nie jouself gedurig iewers te vind nie. Jy het nie soek geraak nie. Jy het nie weggeraak nie.

Jy kan dalk van ander mense se radarskerm af wees, maar definitief nie van die Here s’n nie. Hy laat nooit sy kinders deur sy vingers glip nie. Hy gee nooit sy mense prys nie.

In Hosea 11 sê die Here vir sy volk Hy draai nooit sy rug op hulle nie. Van sy kant af offer Hy hulle vir niks ter wêreld op nie. Hy gooi hulle nie vir die wolwe nie.

God wil ons naby Hom hê. Hy weier om ons te laat gaan. Ons is te kosbaar en te spesiaal vir Hom.

Dit is steeds waar in 2025. God het regtig nie vergeet van ons wat in Hom glo nie. Hy wil nie een van ons se rug sien nie, maar ons gesig.

Hy wil ons gedurig met sy goedheid omring en omraam. En Hy doen dit ook. Daarom hoef ons nie onsself gedurig te soek asof ons verlore hemelse eiendom is nie… want ons is nie. Ons is lankal opgespoor.

Uit die Woord

Ek gee hulle die ewige lewe, en hulle sal in alle ewigheid nooit verlore gaan nie. Niemand sal hulle uit my hand ruk nie. – Johannes 10:28

CTA